Vrydag 18 April 2025.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Matthéüs 27:1-31)
“EK IS ONSKULDIG AAN DIE BLOED VAN HIERDIE MAN:”
- Die môre vroeg het al die priesterhoofde en die familie-hoofde van die volk die besluit geneem om Jesus dood te maak.
- Hulle het Hom geboei en toe aan Pilatus, die goewerneur uitgelewer.
- Toe Judas die verraaier, sien dat Jesus tot die dood veroordeel is, het hy spyt gekry. Hy het die dertig silwer-muntstukke, toe na die priesterhoofde en die familiehoofde teruggeneem,
- en vir hulle gesê: ‘Ek het gesondig. Ek het ‘n onskuldige man verraai!’ Maar hulle antwoord: ‘Wat het ons daarmee te doen? Dit is jou saak!’
- Judas het toe die geld by die tempel ingegooi, weggeloop, en homself gaan ophang.
- Die priesterhoofde het die geld opgetel en gesê: ‘Dit is nie geoorloof om dit in die tempel-fonds te stort nie, want dit is bloedgeld!’
- Hulle besluit toe om daarmee die grond van die pottebakker te koop, as ‘n begraafplaas vir vreemdelinge.
- Daardie stuk grond word tot vandag toe nog ‘Bloedgrond‘ genoem.
- Toe is die Woord vervul wat die Here deur die Profeet Jeremia gesê het: ‘+En hulle het die dertig silwer muntstukke geneem, dit is die prys wat die Israeliete ooreen gekom het, om vir Jesus te betaal,
- ‘+en hulle het dit uitbetaal vir die grond van die pottebakker. So het die Here dit aan my opgedra.’+
- Jesus is voor die goewerneur gebring en hy vra toe vir Jesus:? ‘Is U die Koning van die Jode?’ Jesus antwoord toe: “Dit is soos u sê.”
- Op die beskuldigings van die priesterhoofde en die familiehoofde het Hy niks geantwoord nie.
- Toe sê Pilatus vir Hom: ‘Hoor U nie waarvan hulle U alles beskuldig nie?’
- Maar Jesus het hom op geen enkele woord ‘n antwoord gegee nie, sodat die goewerneur baie verbaas was.
- Die goewerneur het die gewoonte gehad om elke Paasfees vir die mense een gevangene van hulle eie keuse los te laat.
- In daardie tyd was daar ‘n berugte gevangene met die naam Barabbas.
- Aangesien die mense bymekaar was, het Pilatus hulle gevra: ‘Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat? Barabbas, of Jesus wat Christus genoem word?’
- Pilatus het geweet dat die priesterhoofde Jesus uit afguns uitgelewer het.
- Terwyl Pilatus op die regbank sit, het sy vrou vir hom ‘n boodskap gestuur: ‘Moet niks met daardie onskuldige Man te doen hê nie, want ek het vannag ‘n vreeslike droom oor Hom gehad.’
- Intussen het die priesterhoofde die mense oorgehaal om vir Barabbas vrylating te vra, en virJesus die doodstraf.
- Die goewerneur vra hulle toe: “Watter een van hierdie twee wil julle hê ek moet vir julle loslaat?” ‘Barabbas!’ antwoord hulle.
- Pilatus sê toe vir hulle: “Wat moet ek dan doen met Jesus wat Christus genoem word?” ‘Kruisig Hom!’ skreeu hulle almal.
- Pilatus vra hulle toe: “Watter kwaad het Hy dan gedoen?” Maar hulle skreeu nog harder: ‘Kruisig Hom!’
- Toe Pilatus sien dit help niks nie, en dat daar eerder ‘n oproer kom, het hy water geneem en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie Man! Dit is julle verantwoordelikheid.”
- Toe antwoord die hele volk: ‘Laat die skuld vir Sy bloed op ons en ons kinders rus!’
- Pilatus het Barabbas toe vir hulle losgelaat, maar Jesus het hy laat gésel, en Hom toe oorgelewer om gekruisig te word.
- Daarna vat die soldate van die goewerneur vir Jesus in die ampswoning in, en bring die hele leërafdeling om Hom bymekaar.
- Hulle trek toe Sy klere uit, en hang Hom ‘n pers mantel om.
- Hulle vleg ook toe ‘n doringkroon en sit dit op Sy kop, en ook ‘n stok vir Sy regterhand. Toe bespot hulle Hom, deur voor Hom te buig, en te sê: ‘Ons groet U, Koning van die Jode!’
- Hulle het toe op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan.
- Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die pers mantel uitgetrek, en weer Sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.
(Matthéüs 27:57-61)
- Laat die middag het daar ‘n ryk man aangekom. Dit was Josef van Arimatea, wat self ook ‘n volgeling van Jesus was.
- Hy het na Pilatus toe gegaan, en die liggaam van Jesus gevra. Pilatus het beveel dat dit vir hom gegee moet word.
- Josef het die liggaam geneem, en dit in skoon linne toegedraai,
- en dit daarna neergelê in sy eie nuwe graf, wat hy uit die rots gekap het. Hy het ‘n groot klip voor die ingang van die graf gerol, en weggegaan.
- Maria Magdalena en die ander Maria was ook daar, en het reg voor die graf gesit.
PEARL FOR EACH DAY:
Friday 18 April 2025.
(Matthew 27:1-24)
“I AM INNOCENT OF THIS MAN’S BLOOD:”
- When morning came, all the chief priests and the elders of the people took counsel against Jesus to put Him to death.
- And they bound Him and led Him away, and delivered Him over to Pilate the governor.
- Then, when Judas His betrayer, saw that Jesus was condemned, he changed his mind, and brought back the thirty pieces of silver to the chief priests and the elders,
- saying: ‘I have sinned by betraying innocent blood.’ They answered: ‘What is that to us? See to it yourself.’
- So throwing down the pieces of silver into the temple, Judas departed and he hanged himself.
- But the chief priests, taking the pieces of silver, said: ‘It is not lawful to put them into the treasury, since it is blood money.’
- So they took counsel and bought with them the potter’s field, as a burial place to strangers.
- Therefore that field has been called: ‘The field of blood,’ to this day.
- Then was fulfilled that had been spoken by the Prophet Jeremiah, saying: ‘+And they took the thirty pieces of silver, the price of Him, on Whom a price had been set by some of the sons of Israel,
- ‘+and they gave them for the potter’s field, as the Lord directed me.’+
- Jesus stood before the governor, who asked Him: ‘Are You the King of the Jews?’ Jesus answered: “You have said so.”
- But when He was accused by the chief priests and the elders, He gave no answer.
- Then Pilate said to Him: ‘Do you not hear how many things they testify against You!’ He gave them no answer,
- not even a single charge, so that the governor was greatly amazed.
- At the feast the governor was accustomed to release for the crowd any one prisoner whom they wanted.
- And they had then a notorious prisoner called Barabbas.
- When they had gathered, Pilate asked them: “Whom do you want me to release for you? Barabbas, or Jesus, Who is called Christ?”
- For he knew that it was out of envy that they had delivered Him up.
- Besides, while He was sitting on the judgement seat, his wife sent word to him: ‘Have nothing to do with that righteous Man. For I have suffered much because of Him today, in a dream.’
- The chief priests and the elders persuaded the crowd to ask for Barabbas, and destroy Jesus.
- The governor again said to them: ‘Which of the two do you want me to release for you?’ And they said: ‘Barabbas.’
- Pilate said to them: ‘Then what shall I do with Jesus, Who is called Christ?’ They all shouted: ‘Let Him be crucified!’
- And Pilate said: ‘Why, what evil Has He done?’ But they shouted all the more: ‘Let Him be crucified!’
- When Pilate saw that he was gaining nothing, but rather that a riot was beginning, he took water and washed his hands before the crowd, saying: “I am innocent of this Man’s blood; see to it yourselves!”
- And all the people answered: ‘His blood be on us and on our children!’
- Then Pilate released for them Barabbas, and having scourged Jesus, delivered Him to be crucified.
- Then the soldiers of the governor took Jesus into the governor’s headquarters, and they gathered the whole battalion before Him.
- And they stripped Him and put a scarlet robe on Him,
- and twisting together a crown of thorns, they put it on His head, and put a reed in His right hand. And kneeling before Him, they mocked Him, saying: ‘Hail, King of the Jews!’
- And they spit on Him, and took the reed and struck Him on the head.
- And when they had mocked Him, they stripped Him of His purple robe, and put His own clothes on Him, and led Him away to crucify Him.
(Matthew 27:57-61)
- When it was evening, there came a rich man from Arimathea, named Joseph, who also was a disciple of Jesus.
- He went to Pilate and asked for the body of Jesus. Then Pilate ordered it to be given to him.
- Joseph took the body and wrapped it in a clean linen shroud,
- and laid the body in his own new tomb, which he had cut in rock, and rolled a great stone to the entrance of the tomb, and went away.
- Mary Magdalene and the other Mary, were there sitting opposite the tomb.


