THE RIGHTEOUS WILL GO INTO ETERNAL LIVE:

Saterdag 26 April 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Matthéüs 25:37-46) 

DIE REGVERDIGES SAL DIE EWIGE LEWE BEËRWE:

  1. “Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink?
  2. “‘En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere en vir U klere gegee? 
  3. “‘Wanneer het ons U siek gesien, of in die tronk en U besoek?
  4. “En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’
  5. “Dan sal die Koning vir dié aan Sy linkerkant sê: “‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele berei is. 
  6. “‘Want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie. Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie. 
  7. “’Ek was ‘n vreemdeling en julle het My níe gehuisves nie, sonder klere en julle het My nie klere gegee nie, siek en in die tronk en julle het My níe versorg nie.’
  8. “Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of ‘n vreemdeling of sonder klere of siek, of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’
  9. “En Hy sal antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir Sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’
  10. “En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die Ewige Lewe.”

PEARL FOR EACH DAY: 

 Saturday 26 April 2025. 

(Matthew 25:37-46)

THE RIGHTEOUS WILL GO INTO ETERNAL LIFE: 

  1. “‘Then the righteous will answer Him, saying: ‘Lord, when did we see You hungry and feed You, or thirsty and gave You drink. 
  2. “‘And when did we see You a stranger and welcomed You, or naked and clothed You?
  3. “‘And when did we see You sick or in prison and visit You?’
  4. “And the King Will answer them: “Truly, I say to you: As you did it to one of the least of these, my brothers, you did it to Me.”
  5. “Then He Will say to those on His left: ‘Depart from Me, you cursed, into the eternal fire, prepared for the devil and his angels.
  6. “‘For I was hungry and you gave me no food, I was thirsty and you gave me no drink,
  7. “‘I was a stranger and you did not welcome Me, naked, and you did not clothe Me, sick and in prison, and you did not visit Me.”
  8. “Then they also will answer, saying: ‘Lord, when did we see You hungry or thirsty or a stranger or naked or sick or in prison and did not minister to You? ‘
  9. “Then He will answer them, saying: ‘Truly I say to you: As you did not do it to one of the least of these, you did not do it to Me.’
  10. “And these will go into eternal punishment, but the righteous into eternal life.”

Met dank aan Elize. Mag God jou ryklik seën. 

HE WILL SIT ON HIS GLORIOUS THRONE:

Vrydag 25 April 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Mattéũs 25:31-36) 

HY SAL OP SY HEERLIKE TROON SIT: 

  1. “En wanneer die Seun van die mens in Sy heerlikheid kom, en al die heilige engele saam met Hom, sal Hy op Sy heerlike troon sit. 
  2. “En voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei, soos die herder die skape van die bokke afskei. 
  3. “En Hy sal die skape aan Sy regterhand, en die bokke aan Sy linkerhand sit. 
  4. “Dan sal die Koning vir die wat aan Sy regterhand is, sê: “Kom, My geseëndes van My Vader, beërf die Koninkryk wat vir julle berei is, van die grondlegging van die wêreld af. 
  5. “Want Ek was honger en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad en julle het My te drinke gegee. Ek was ‘n vreemdeling en julle het My herberg gegee. 
  6. “Ek was naak en julle het My geklee. Ek was siek, en julle het My besoek. In die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.”

PEARL FOR EACH DAY: 

 Friday 25 April 2025. 

(Matthew 25:31-36)

HE WILL SIT ON HIS GLORIOUS THRONE: 

  1. “When the Son of man comes in His Glory, and all the angels with Him, then He Will sit on His Glorious throne. 
  2. “Before Him will be gathered all the nations,  and He Will separate people, one from another, as a shepherd separates the sheep from the goats. 
  3. “And He Will put the sheep on His right, but the goats on the left. 
  4. “Then the King Will say to those on the right: ‘Come, you who are blessed by My Father, inherit the Kingdom prepared for you, from the foundation of the world. 
  5. ‘“For I was hungry and you gave me food, I was thirsty and you gave me drink, I was a stranger and you welcomed me. 
  6. ‘“I was naked and you clothed Me; I was sick and you visited Me; I was in prison and you came to Me.”’

YOU ARE WITNESSES OF THESE THINGS:

Donderdag 24 April 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 24:46-49) 

“JULLE IS GETUIENIS VAN HIERDIE DINGE:”

  1. Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: Die Christus moes ly en op die derde dag uit die dood opstaan. 
  2.  “En in Sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, vanaf Jerusalem en verder.
  3. “Julle is getuies van hierdie dinge. 
  4. “En Ek sal die Gawe wat My Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly, totdat julle met Krag van bo toegerus is.”

PEARL FOR EACH DAY: 

 Thursday 24 April 2025. 

(Luke 24:46-49)

“YOU ARE WITNESSES OF THESE THINGS:”

  1. And He said to them: “It ís written that the Christ should suffer, and on the third day rise from the dead. 
  2. “And that repentance for the forgiveness of sins should be proclaimed in His Name, to all nations, beginning from Jerusalem. 
  3. “You are witnesses of these things. 
  4. “And behold, I Am sending the promise of My Father upon you. But stay in the city until you are clothed with Power from on high.”

HE OPENED THEIR MINDS TO UNDERSTAND THE SCRIPTURES:

Woensdag 23 April 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 24:36-45)   

HY HET HULLE VERSTAND GEOPEN OM DIE SKRIF TE VERSTAAN:

  1. Terwyl hulle nog oor hierdie dinge praat, staan Jesus self meteens daar tussen hulle. En Hy sê vir hulle: “Vrede vir julle!”
  2. Hulle het geweldig geskrik en bang geword en gedink hulle sien ‘n gees. 
  3. Hy sê toe vir hulle: “Waarom is julle so verskrik? En waarom kom daar twyfel in julle harte? 
  4. “Kyk na My hande en My voete: dit is tog Ek Self. Voel aan My en kyk! ‘n Gees het tog nie vleis en bene soos julle sien dat Ek het nie.”
  5. Terwyl Hy dit sê, wys Hy vir hulle Sy hande en voete. 
  6. Toe hulle van blydskap en verwondering nog nie kon glo nie, sê Hy vir hulle: “Het julle hier iets om te eet?”
  7. Hulle gee Hom toe ‘n stuk gebakte vis. 
  8. Hy het dit gevat en voor hulle oë geëet. 
  9. Daarna sê Hy vir hulle: “Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die Wet van Moses, en in die Profete en Psalms oor My geskrywe is.”
  10. Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. 

PEARL FOR EACH DAY: 

 Wednesday 23 April 2025. 

(Luke 24:36-45)

HE OPENED THEIR MINDS TO UNDERSTAND THE SCRIPTURES:

  1. As they were talking about these things, Jesus Himself stood among them, and said to them: “Peace to you!”
  2. But they were startled and frightened and thought they saw a spirit. 
  3. And He said to them: “Why are you troubled, and why do doubs arise in your hearts? 
  4. “See My hands and My feet, that it is I Myself. Touch Me and see. For a spirit does not have flesh and bones as you see that I Have.”
  5. And when He Had said this, He showed them His hands and His feet. 
  6. And while they still disbelieved for joy, and were marveling, He said to them: “Have you anything here to eat?
  7. And they gave Him a piece of broiled fish. 
  8. And He took it and ate before them. 
  9. Then He said to them: “These are My Words that I spoke to you, while I was still with you, that everything written about Me in the Law of Moses and the Prophets and the Psalms, must be fulfilled.”
  10. Then He opened their minds to understand the Scriptures. 

THE ROAD TO EMMAUS:

Dinsdag 22 April 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Lukas 24:13-35)

DIE PAD NA EMMAUS:

  1. Op dieselfde dag was twee van hulle op pad na ‘n dorpie met die naam Emmaus, twaalf kilometer van Jerusalem af. 
  2. Hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat gebeur het. 
  3. Terwyl hulle so gesels, en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en saam met hulle begin loop,
  4. maar hulle oë is verhinder om Hom te herken. 
  5. Hy vra hulle toe: “Wat is dit wat julle so ernstig met mekaar loop en bespreek?” Met somber gesigte gaan hulle staan, 
  6. en een van hulle met die naam Kleopas, antwoord Hom: ‘Is U dan die enigste vreemdeling in Jerusalem, dat U nie weet van die dinge wat in die afgelope dae daar gebeur het nie?’
  7. Hy vra hulle toe: “Watter dinge?” Hulle antwoord Hom: ‘Die dinge in verband met Jesus van Nasaret, ‘n Profeet wat Magtig was in Woord en Daad voor God en die hele volk. 
  8. ‘En hoe die priesterhoofde en die lede van die Raad Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word, en Hom gekruisig het. 
  9. ‘Ons het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos. Maar boonop is dit vandag al die derde dag vandat die dinge gebeur het. 
  10. ‘En nou het ‘n paar vroue uit ons kring ons ook nog ontstel. Hulle was vanoggend vroeg by die graf,
  11. ‘en kon Sy liggaam nie kry nie. Hulle het kom vertel dat hulle ‘n verskyning gesien het van engele wat gesê het dat Hy lewe. 
  12. ‘Sommige van ons mense het ook na die graf toe gegaan, en dit net so gekry soos die vroue gesê het, maar Hom het hulle nie gesien nie.’
  13. Toe sê Hy vir hulle: “Wat ‘n gebrek aan begrip, en wat ‘n traagheid van gees! Glo julle dan nie al die dinge wat die Profete gesê het nie?
  14. “Moes die Christus nie al hierdie dinge ly om in Sy heerlikheid in te gaan nie? “
  15. Daarna het Hy by Moses en al die Profete begin, en al die Skrif-uitsprake wat op Homself betrekking het, vir hulle uitgelê. 
  16. Toe hulle by díe dorpie aankom waarheen hulle op pad was, het Hy gemaak of Hy verder wou gaan. 
  17. Hulle het egter by Hom aangedring en gesê: ‘Bly by ons, want dis al amper aand, en die dag is al verby.’ Toe het Hy ingegaan om by hulle oor te bly. 
  18. Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit, en gee dit vir hulle.
  19. Toe gaan hulle oë oop, en het hulle Hom herken. Maar Hy het skielik uit hulle gesig verdwyn. 
  20. Hulle sê toe vir mekaar: ‘Het ons harte nie warm geword, toe Hy op die pad met ons gepraat, en vir ons die Skrif uitgelê het nie?’
  21. Hulle het dadelik opgestaan, en na Jerusalem toe terug gegaan. Daar aangekom, kry hulle die elf en die ander mense bymekaar, 
  22. en hulle vertel: ‘Die Here het regtig opgestaan, en Hy het ook aan Simon verskyn!’
  23. Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het, en hoe Hy aan hulle bekend geword het toe Hy die brood gebreek het. 

PEARL FOR EACH DAY: 

 Tuesday 22 April 2025. 

(Luke 24:13-35)

THE ROAD TO EMMAUS: 

  1. That very day two of them were going to a village named Emmaus, about seven miles from Jerusalem. 
  2. And they were talking with each other about all the things that had happened. 
  3. While they were talking and discussing together, Jesus Himself drew near and went with them. 
  4. But their eyes were kept from recognizing Him. 
  5. And He said to them: “What is this conversation that you are holding with each other as you walk?” And they stood still, looking sad. 
  6. Then one of them, named Cleopas, answered Him: ‘Are You the only visitor to Jerusalem, that does not know the things that have happened there in these days?’
  7. And He said to them: “What things?” And they said to Him: ‘Concerning Jesus of Nazareth, a Man Who was a Prophet, mighty in Deed and Word before God and all the people, 
  8. ‘and how our chief priests and rulers delivered Him up to be condemned to death, and crucified Him. 
  9. ‘But we have hoped that He was the One to redeem Israel. Yes, and besides all this, it is now the third day since these things happened. 
  10. ‘Moreover, some women of our company amazed us. They were at the tomb early in the morning, 
  11. ‘and when they did not find His body, they came back saying that they had seen a vision of angels, who said that He was alive!
  12. ‘Some of those who were with us, went to the tomb and found it just as the women had said, but Him they did not see.’
  13. And He said to them: “O foolish ones, and slow of heart to believe all that the Prophets have spoken. 
  14. “Was it not necessary that the Christ should suffer these things, and enter into His Glory?”
  15. And beginning with Moses and all the Prophets, He interpreted to them in all the Scriptures, the things concerning Himself. 
  16. So they drew near to the village to which they were going. He acted as if He were going farther, 
  17. but they urged Him strongly, sayjng; ‘Stay with us, for it is toward evening and the day is now far spent.’ So He went in to stay with them. 
  18. When He was at table with them, He took the bread and blessed and broke it, and gave it to them. 
  19. And their eyes were opened, and they recognized Him. Then He vanished from their sight. 
  20. They said to each other:  ‘Did not our hearts burn within us while He talked to us on the road, while He opened the Scriptures to us?’
  21. And they rose that same hour and returned to Jerusalem. And they found the eleven and those who were with them gathered together, 
  22. saying: ‘The Lord Has risen indeed, and Has appeared to Simon!’
  23. Then they told what had happened on the road, and how He was known to them, in the breaking of the bread. 

THEY FOUND THE STONE ROLLED AWAY:

Maandag 21 April 2025.

PÊREL VIR ELKE DAG:

DIE KLIP WAS WEGGEROL VAN DIE INGANG VAN DIE GRAF AF:  

(Lukas 23:55,56)

  1. Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het saamgeloop en die graf gesien, en hoe Sy liggaam neergelê word. 
  2. Daarna het hulle huistoe gegaan en reukolie en salf gereed gemaak. Op die Sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal. 

(Lukas 24:1-12)+++

  1. Die volgende oggend baie vroeg het díe vroue na die graf toe gegaan met die reukolie wat hulle reggemaak het. 
  2. Daar, kry hulle die klip weggerol van die ingang van die graf af. 
  3. En toe hulle ingaan het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie. 
  4. Hulle het nie geweet wat om daarvan te dink nie. Meteens staan daar by hulle twee manne met blink klere aan. 
  5. Die vroue het groot geskrik, en met hulle gesigte na die grond toe gebuig. Toe sê die manne vir hulle: .’Hoekom  soek julle die lewende by die dooies? 
  6. ‘Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was, 
  7. en gesê het: “Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word, en op die derde dag opstaan.”
  8. Toe het hulle Sy woorde onthou,
  9. en van die graf af teruggegaan en al hierdie dinge vir die elf , en al die ander vertel. 
  10. Die vroue was Maria Magdalena en Johanna en Maria die ma van Jakobus. Ook die ander vroue saam met hulle, het dieselfde dinge aan die apostels vertel. 
  11. Maar vir hulle het hierdie verhaal na onsin geklink en hulle het die vroue nie geglo nie. 
  12. Petrus het egter opgespring en na die graf toe gehardloop. Toe hy daar vooroor buk, sien hy net die doeke. Vol verwondering oor wat gebeur het, is hy terug huis toe. 

PEARL FOR EACH DAY: 

 Monday 21 April 2025. 

THEY FOUND THE STONE ROLLED AWAY: 

(Luke is 23:55,56)

  1. The women who had come with  Him from Galilee, followed and saw the tomb, and how His body was laid. 
  2. Then they returned and prepared spices and ointments. On the Sabbath day they rested, according to the commandment. 

(Luke 24:1-12)

  1. But on the first day of the week, at early dawn, they went to the tomb, taking the spices they had prepared. 
  2. And they found the stone rolled away from the tomb, 
  3. but when they went in, they did not find the body of the Lord Jesus. 
  4. While they were perplexed about this, behold, two men stood by them in dazzling apparel. 
  5. And as they were frightened, and bound their faces to the ground, the men said to them: ‘Why do you seek the living among the dead?
  6. ‘He is not here, but Has risen. Remember how He told you, while He was still in Galilee,
  7. ‘that the Son of man must be delivered into the hands of sinful men and be crucified, and on the third day rise.’
  8. And they remembered His Words, 
  9. and returning from the grave, they told all these things to the eleven and to all the rest. 
  10. It was Mary Magdalene and Joanna and Mary, the mother of James, and the other women with them, who told these things to the apostles, 
  11. but these words seemed to them an idle tale, and they did not believe them. 
  12. But Peter rose and ran to the tomb; stooping and looking in, he saw the linen cloths by themselves; and he went home, marvelling at what had happened.