Sondag 4 Augustus 2024.
PÊREL VIR ELKE DAG:
(Romeine 2:12-21)
“PLEEG JY EGBREUK?”
12. “Almal wat sonder die Wet van Moses gesondig het, sal ook sonder die Wet verlore gaan; en almal wat onder die Wet gesondig het, oor hulle sal volgens die Wet geoordeel word.
13. “Nie diegene wat die Wet hoor, word deur God vrygespreek nie, maar dié wat doen wat die Wet sê, sal vrygespreek word.
14. “Wanneer Heidene, wat nie die Wet het nie, tog vanself dinge doen wat die Wet vereis, is hulle vir hulleself ‘n Wet, al het hulleself nie die Wet nie.
15. “Die optrede van sulke mense bewys dat die eise van die Wet in hulle harte geskrywe staan. Ook hulle gewetens getuig daarvan wanneer hulle in ‘n innerlike tweestryd, deur hulle gedagtes aangekla of vrygespreek word.
16. “Dit sal aan die lig kom op die dag wanneer God deur Christus Jesus oor die verborge dinge van die mense sal oordeel, ooreenkomstig die evangelie wat ek verkondig.
17. “Jy, jy sê jy is ‘n Jood, jy verlaat jou op die Wet van Moses, jy beroem jou daarop dat God jou God is,
18. “jy ken Sy wil en jy onderskei die dinge waar dit werklik op aankom, omdat jy deur die Wet onderrig word.
19. “Jy is daarvan oortuig dat jy ‘n gids vir die blindes is, ‘n lig vir dié wat in die duisternis is,
20. “‘n leermeester van dié wat onkundig is, ‘n onderwyser van dié wat niks weet nie, omdat die Wet vir jou die samevatting is van kennis en waarheid –
21. “jy dan, wat ‘n ander leer, leer jy jouself?Jy wat preek dat ‘n mens nie mag steel nie, steel jy?
22. “Jy wat sê dat ‘n mens nie mag egbreuk pleeg nie, pleeg jy nie egbreuk nie? Jy wat ‘n afsku het van afgode, beroof jy nie hulle tempels nie?”
PEARL FOR EACH DAY:
Sunday 4 August 2024.
(Romans 2:12-22)
“DO YOU COMMIT ADULTERY?”
12. “For all who have sinned without the Law, will also perish without the Law, and all that have sinned under the Law, will be judged by the Law.
13. “For it is not the hearers of the Law who are righteous before God, but the doers of the Law, who will be justified.
14. “For when Gentiles, who do not have the Law, by nature do what the Law requires, they are a Law to themselves, even though they have not the Law.
15. “They show that the work of the Law is written on their hearts, while their conscience also bears witness, and their conflicting thoughts accuse or even excuse them,
16. “on that day when, according to my Gospel, God judges the secrets of men, by Christ Jesus.
17. “But if you call yourself a Jew, and rely on the Law, and boast in God,
18. “and know His Will, and approve what is excellent, because you are instructed from the Law;
19. “and if you are sure that you yourself are a guide to the blind, a light to those who are in darkness,
20. “an instructor of the foolish, a teacher of children, having in the Law the embodiment of knowledge and truth –
21. “you, when you teach others, do you not teach yourself? While you preach against stealing, do you steal?
22. “You who say that one must not commit adultery, do you commit adultery? You who abhor idols, do you rob temples?”
(Ek vertrou die Heilige Gees van God om my van die korrekte Skriflesing gedeelte te voorsien elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, krag, mag, majesteit, lofprysing, aanbidding, en danksegging, van nou af tot in ewigheid.
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct portion of Scripture to me every day, according to your needs and expectations.
To Him be all glory, honour, power, might, majesty, praise, worship and thanksgiving, from now and forever more.)